Uit U Hand, o Heer, ontvang ek hierdie nuwe lange dag. Dus voor ek my skrede skoolwaarts wend, Bid ek om U krag. Ek dank U vir die Goddelike taak, die krag, Die lus aan my beskore om kinders op die pad Na lig en waarheid te lei. Maar, O Heer, hoe swak, hoe nietig is my krag. Slegs deur u bystand, elke uur kan ek die taak vermag. Leer my lei, o Here. Ek bid dat geen gedagte, woorde of daad van my vandag `n kind sy vreugde ontneem, sy idelale skaad. Vervul my met u liefde, dat hul deur my nie mooie, Die reine as lewensideale sal verkry. Skenk my die genade, Heer, om iedereen met teerheid, Soos van U te bejeën Mag ek geduldig luister en vriendelik praat met die arme, Die swakke, die kriewelkous en ja, met Hom wat swaar Begryp en telkens maar kom pla. Gee date k nooit nie sal vergeet dat elk `n engel het En dat Jesus pleit by u genadetroon. Gee my elke oomblik Heer, U krag en minsaamheid. U wysheid onbeperk, want dan sal hierdie dag vir hul, Vir my sy skoonheid hou. Dan sal U seën bly. AMEN