Welkom by Hoërskool Bultfontein se amptelike webblad.
Hoërskool Bultfontein is ’n unieke, kombineerde skool met bykans 440 leerders van graad R tot graad 12. Ons is geleë in die hartjie van die Vrystaat se platteland — ’n plek waar gemeenskapsgees en waardes steeds saak maak.
Ons staan bekend as “die kaalvoetskool waar Christenskap geleef word”. Hierdie beskrywing verteenwoordig nie net ons geloofsgrondslag nie, maar ook ons benadering tot opvoeding: opreg, gebalanseerd en toegewy.
By ons streef ons daarna om elke leerder die geleentheid te bied om op alle vlakke te groei — akademies, sportief, kultureel en geestelik.
Ons glo in die ontwikkeling van die HOLISTIESE kind, eerder as oordrewe spesialisasie en skep’n ruimte waar elkeen hul volle potensiaal kan bereik.
Betroubare
Uitnemend
Lojaal
Toegewyd
Integriteit
Eerlik
Selfbeheer
Onderwys by Hoërskool Bultfontein skep ’n gelukkige leeromgewing waar gemotiveerde personeel leerders vir die toekoms voorberei. Die skool moedig entrepreneurskap aan, streef na akademiese uitnemendheid sodat leerders toegang tot tersiêre studies kan kry, en bied uitstekende fasiliteite vir akademie, kultuur en sport om elke leerder se volle potensiaal te ontwikkel.
Hoërskool Bultfontein se visie is om ’n toonaangewende Afrikaanse, waardegegronde opvoedkundige instelling te wees wat gehalte-onderwys en opvoeding op ’n Christelike grondslag bied. Die skool streef daarna om elke leerder in ’n ondersteunende omgewing te ontwikkel, waar waardes, kennis en lewensvaardighede gekweek word om hulle voor te berei vir ’n suksesvolle toekoms.










































