Ons, die mense van Suid-Afrika, erken die ongeregtighede van ons verlede; Huldig diegene wat vir geregtigheid en Vryheid in ons land gely het; Respekteer diegene wat hul beywer het om ons land
op te bou en te ontwikkel; en Glo dat Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon, verenig in ons verskeidenheid. Daarom neem ons, deur ons vryverkose verteenwoordigeers, hierdie Grondwet aan as die hoogste reg van die Republiek ten einde – Die verdeeldheid van die verlede te heel en `n samelewing gegrond op Demokratiese waardes, maatskaplike geeregtigheid en basiese menseregte te skep. Die grondslag te lê vir `n demokratiese en oop sameleweing waarin Regering gegrondves is op die wil van die bevoking en elke burger. Gelyk deur die reg beskerm word. Die lewensgehalte van alle burgers te verhoog en die potensiaal van elke mens te ontsluit; en `n Verenigde en demokratiese Suid-Afrika te bou wat sy regmatige plek as `n soewereine staat in die gemeenskap van nasies kan inneem.
Mag God ons mense beskerm
God seën Suid-Afrik
‘n Instelling met ‘n ryk en trotse geskiedenis wat diep in die hart van ons gemeenskap gewortel is. Vanaf ‘n nederige begin in die 1880’s in ‘n kerksaal, het die skool deur meer as ‘n eeu se uitdagings – insluitend die Anglo-Boereoorlog en die Grieppandemie – gegroei tot ‘n baken van uitnemendheid. Hierdie merkwaardige reis word weerspieël in ons groei van ‘n handjievol leerders tot ‘n florerende skool van byna 800, met moderne fasiliteite, koshuise en ‘n breë kurrikulum. Deur die jare het ons ‘n trotse tradisie gevestig van gebalanseerde opvoeding waar akademie, sport en kultuur hand aan hand gaan, en het ons talle provinsiale en selfs nasionale presteerders opgelewer. Gelei deur ons leuse, Carpe Diem, bou ons voort op hierdie stewige fondament om elke leerling toe te rus vir die toekoms, terwyl ons die waardes en veerkragtigheid van ons verlede eer.
Onderwys by Hoërskool Bultfontein skep ’n gelukkige leeromgewing waar gemotiveerde personeel leerders vir die toekoms voorberei. Die skool moedig entrepreneurskap aan, streef na akademiese uitnemendheid sodat leerders toegang tot tersiêre studies kan kry, en bied uitstekende fasiliteite vir akademie, kultuur en sport om elke leerder se volle potensiaal te ontwikkel.
Hoërskool Bultfontein se visie is om ’n toonaangewende Afrikaanse, waardegegronde opvoedkundige instelling te wees wat gehalte-onderwys en opvoeding op ’n Christelike grondslag bied. Die skool streef daarna om elke leerder in ’n ondersteunende omgewing te ontwikkel, waar waardes, kennis en lewensvaardighede gekweek word om hulle voor te berei vir ’n suksesvolle toekoms.
As die somer eers kom en die vaalheid verdwyn,
As die gras dan weer groen teen die bulthange skyn
Dan is daar geen wêreld so mooi en so rein
As die vlaktes en velde van ou Bultfontein
Refrein:
Pluk die dag, pluk die dag –
Ons leuse getrou,
In ons groen en ons blou
Met ons klipsteengebou,
Sê ons : Hoera! Hoera!Hoera!
Hoera vir ons skool
Hoera vir ons dorp,
Hoera vir ons groen,
Hoera vir ons blou!
Hoera vir ons dierbare kipsteengebou!
1952/08/19 Digter : CM van den Heever
Toonsetting : Dr A Koole