23/09/2017 NO . 29
- DANKIE
Die Mielieboerfunksie was heerlik. Baie dankie aan almal wat betrokke was om van die aand ‘n sukses te maak. Baie dankie aan al die boere wat ingeskryf het asook al die skenkings/borge wat ontvang is. Dit word opreg waardeer.
Baie dankie aan die beheerliggaam vir al hul harde werk en die passie wat hul vir ons skool openbaar.
Suidwes vir die borg van R30 000-00. Dit word opreg waardeer.
Mnr Kobus Botha vir die skenk van onkruiddoder en die spuit van die rugbyvelde by die skool en die koshuis.
- GELUK
Mev Amanda Naudé het ‘n vierde kleinkind, ‘n seun, ryker geword.
- BOERTJIEFEES
Die kosstalletjie van die skool by die Boertjiefees het ‘n netto wins van R47 205-17 opgelewer. Baie dankie vir almal se harde werk.
- SPORT
Tennis :
Die volgende spanne is die ligawenners :
Junior dogters A - span
Junior dogters C – span
Senior dogters B speel Dinsdag in die finaal teen Welkom Volkskool.
Gimnastiek :
Tydens die kompetisie in Bloemfontein het die volgende leerders puik presteer. Lisa Bresler en Lize Botha is ingesluit in die Vrystaatspan wat aan die SA - Kampioenskappe, op 6 en 7 Oktober 2017, in Centurion gaan deelneem.
Lisa Bresler – 1ste spronge, 2de balk, 3de vloer en algeheel 3de.
Lize Botha – 1ste spronge en brug, 3de balk en algeheel 2de.
- ERFENISDAG 2017
Hoërskool Bultfontein vier Erfenisdag deur ‘n mooi gepaste opening te hou, die volkslied te sing en ‘n boom te plant. Baie dankie aan die graad 10 – klas wat die dag gereël het.
- KLAS- EN SPORTFOTO’S
Elke leerder het ‘n vorm ontvang. Die vorm moet volledig voltooi en nie later as Dinsdag 26 September 2017, kontant met bestelling (die regte bedrag), by die registeronderwyser ingegee word nie.
- AFSPRAKE/BESOEKE
Enige afsprake/besoeke MOET deur die kantoor gedoen word. Niemand word tydens skoolure op die skoolterrein toegelaat nie.
- AFWESIGHEDE
Geen leerder mag sy/haar ouers kontak om hul te kom haal om watter rede ookal nie. Leerders moet deur die kantoor werk en dan sal ouers gekontak word. Geen leerder sal toegelaat word om die skoolterrein te verlaat as die kantoor nie die ouers gekontak het nie.
- TROFEë
Ouers/leerders moet daarop let dat trofeë, gegraveer, nie later as Dinsdag 26 September 2017 by die kantoor ingegee moet word.
- RUGBYVELD
Leerders word versoek om van die toegespande gedeelte, waar konstruksiewerk plaasvind, by die rugbyveld weg te bly vir hulle eie veiligheid.
- VAKANSIEDAG
Wanneer : Maandag 25 September 2017
Die skool sal gesluit wees op hierdie dag.
- OPVOLGINENTING : GRAAD 4
Die dogters wat in Maart ge-ënt is, sal die opvolgent Dinsdag 26 September 2017 om 7:30 by die skool ontvang.
- LAERSKOOLTENNISRONDOMTALIE
Wanneer : 26 – 28 September 2017
Waar : Skool- en dorpsbane
Navrae : Mevv H Bothma en E Fourie
Volledige inligting is reeds aan die leerders gegee.
- GRAAD 9 - SKADUWERK
Wanneer : 27 – 29 September 2017
Navrae : Mev Sarie Naudé
- GRAS
Ons benodig gras vir die nuwe rugbyveld by die koshuis. Ouers kan asseblief die gras/grasranke by die koshuis aflaai.
- SKOOL SLUIT
Wanneer : Vrydag 29 September 2017
Tyd : 09:0
- JONGBOERTJIEDAG
Wanneer : 3 Oktober 2017
Waar : Wolmaranstad
Navrae : Mnr GB Marx
Leerders moet mnr Marx Dinsdag 26 September laat weet wie stel belang om die dag by te woon.
N VENTER
SKOOLHOOF