08/09/2017 NO . 29
- SIMPATIE
Hermien Burger se ouma is oorlede. Ons bid vir jul vertroosting.
- BAIE DANKIE
Mev Louise Greyling het beenskutte vir die laerskoolkrieket geskenk.Sou daar enige laerskoolkrieketoerusting in onbruik wees – stuur dit asseblief vir ons skool toe.
Mubeen Hoosen, Enzo van Lingen, Ruardt Labuscagne en Lebu Marotholi het die hele dag die telbord by die 7’s-rugbytoernooi beman.
Die reünie-groep van 1982 het 100 koffiebekers vir die Macht-lokaal geskenk.
- BOERTJIEFEES
Die Boertjiefees was ‘n groot sukses. Dankie aan mnr Nico Grobler en sy span, al die ouers, onderwysers, leerders en almal wat betrokke was by die Boertjiefees.
Mnr en mev Nico Grobler en die ouerkomitee wil hulle graag elke ouer bedank vir hul bereidwilligheid om te help hetsy by die stalletjie of restaurant. Dit is altyd ‘n gesellige geleentheid en ouers kuier lekker saam en bou saam aan ons skool se toekoms.
- SKOOLHOOFPOS : BULTFONTEIN PRE-PRIMêR
Enige navrae kontak asb die kleuterskool – 051 : 8531339.
- SPORT
7’s Rugby :
Die 7’s – rugbytoernooi was ‘n reuse sukses.
Michiel de Beer en Martin Nel is ingesluit in die groep wat die naweek aan verdere Griffonsproewe in Welkom gaan deelneem. Marnus Vorster is as reserwe by bogenoemde span ingesluit.
Tennis : Laerskool
Senior dogters C wen Naudeville 37 - 18
Junior seuns A wen Koppie Alleen 33 - 10
Tweekamp :
Die volgende leerders is ingesluit in die SVS - tweekampspan wat op 7 Oktober 2017 in Bloemfontein aan ‘n interprovinsiale tweekamp-
byeenkoms gaan deelneem :
A – span
Derik Greyling
MJ Cronjé
Miné Prinsloo
B – span
Nialize Cronjé
C – span
Walt Jackson
Ané van der Merwe
Isabel Vorster
Marnus Vorster
- ATKV – BESTUUR : 2018
Die volgende leerders is tot die ATKV – bestuur vir 2018 verkies :
Marnus Vorster – Voorsitter
David Conradie – Ondervoorsitter
Joané Pretorius – Tesouriere
Anika Potgieter – Sekretaresse
Stephan van Jaarsveld en Anneke Maritz – Addisionele lede
- WOLKSKOOL
Die landbouleerders het die wolskool baie interessant en leersaam gevind. Baie dankie mnr Piet Pelser vir die moeite en opoffering.
- ENTREPRENEURSDAG : GRAAD 7
Die entrepreneursdag was ‘n reuse sukses. Baie dankie aan mnr Schalk Blaauw en die graad 7 – leerders.
- FISIESE WETENSKAPOLIMPIADE : GRAAD 10
Sterkte aan die olimpiade-span, Enzo van Lingen, David Conradie, Aninka Potgieter en Shevonne Jones, wat 11 September 2017 aan die derde rondte van die olimpiade deelneem.
Waar : Goudveld Hoërskool
Bus vertrek : 12:00
- RUGBYVELD
Leerders word versoek om van die toegespande gedeelte, waar konstruksiewerk plaasvind, by die rugbyveld weg te bly vir hulle eie veiligheid.
- GRAAD 7 - TOER
Wanneer : 11 – 16 September 2017
Waar : George
Navrae : Mnre Blaauw en Van Tonder
Volledige inligting is reeds aan leerders gegee.
- STEAKPAKKE
Steakpakke is te koop teen R400-00 per pak van 3 kg. Kontak mev Desire Grobler – 0825248433.
- BIDDAG VIR LANDBOU
Wanneer : Woensdag 13 September 2017
Waar : NG Moedergemeente
Tyd : 13:00 – 14:00
Leerders sal om 12:50 oorstap kerk toe.
- RODNEY SEALE - NAWEEK
Wanneer : 15 – 17 September 2017
Waar : Macht-lokaal
Vrydag besoek Rodney Seale, die laaste periode, die skool. Vrydagaand om 19:00 is daar ‘n ouer-en-kind-sessie. Saterdag om 9:00 – 11:00 is dit die laerskool se beurt (bring ‘n piekniekpakkie saam). Vanaf 11:30 – laat is dit die hoërskoolleerders (bring ietsie om te braai en koeldrank saam).
Sondag is dit gesamentlike diens in die Ooskerk.Almal is baie welkom!
N VENTER
SKOOLHOOF