18/07/2017                                              NO . 26

  1. BAIE DANKIE

Die koshuisweek was ‘n reuse sukses.  Baie dankie aan al die organiseerders en deelnemers.

  1. SKOOLHOOFPOS : BULTFONTEIN PRE-PRIMêR

Enige navrae kontak asb die kleuterskool – 051 : 8531339.

  1. SPORT

Gholf  :

Die gholfspan het die kompetisie die week gewen en is tans die voorlopers in die liga.

Tennis  :  Hoërskool

Die hoërskooltennispan wen Hennenman Hoërskool.

Eerste dogterspan wen 37 – 30.

Tweede seunspan wen 49 – 18.

Laerskool  :

Junior dogter A wen Welkom Volkskool 31 – 12.

Junior dogters B wen Sandveld.

Junior dogters C wen Koppie Alleen 37 – 6.

Senior dogters C wen Dagbreek 40 – 15.

Junior seuns B wen Nelsdrif 36 – 7.

Senior seuns C wen Brandwag 31 – 24.

  1. SPELATHON :  Vrystaatfinaal

Regard van der Merwe en Sonri Maré eindig gesamentlik vierde in die graad 9 - afdeling. Enzo van Lingen eindig vyfde en David Conradie sewende in die graad 10 - afdeling tydens die kompetisie.

  1. SPORTFOTO’S

            Wanneer                     :           Dinsdag 22 Augustus 2017

            Waar                           :           Hoërskool Bultfontein

            Ouers moet toesien dat leerder netjies en korrekte sporklere saambring.

  1. GRAAD 1 – DAG

Wanneer                     :           24 Augustus 2017

            Waar                           :           Hoërskool Bultfontein

            Tyd                              :           10:30 – 12:00

  1. GERFORMEERDE GEMEENTE BASAAR

            Wanneer                     :           25 Augustus 2017

            Waar                           :           Gereformeerde Gemeente 

            Tyd                              :           09:30

            Bring ‘n geldjie saam !

  1. BUITELUGSKOOL :  GRAAD 6

Die graad 6 – leerders woon die buitelugskool vanaf 28 Augustus tot 31 Augustus 2017 te Hobhouse by.

  1. GRAAD 12 – EKSAMEN

            Wanneer  :  30 Augustus 2017

Leerders moet goed voorberei vir hierdie belangrike eksamen.  Ouers moet toesien dat leerders ‘n studieprogram het en nougeset daarby hou.

  1. KOSHUIS

Reëlings in verband met koshuisetes en koshuisverblyf van leerders moet verkieslik een dag voor die tyd met mev Nicolene Blaauw gedoen word.

Ouers word versoek om as hulle vermoed dat hul kinders ernstige/aansteeklike siektes onder  lede mag hê, hulle asseblief nie skool en koshuis toe moet stuur nie.

  1. BOERTJIEFEES

Kaartjies  :

Die kaartjies is beskikbaar by die skool.  Pryse is as volg  :

Gesinspakket              :  Pa, ma en 2 kinders – R500-00

Volwassenes               :  volle pakket – R200-00

Kinders                        :  volle pakket – R150-00

Dagkaartjies is by die hekke beskikbaar.

Ouers en leerders word aangemoedig om aan die motorfiets-; bergfietswedren en die padwedloop wat tydens die Boerjiefees gehou word, deel te neem.

  1. FINANSIëLE BEAMPTE

Mev Nicolene Blaauw is vanaf 11 – 16 September 2017 saam met die graad 7 – toer.  Ouers word versoek om vir die tydperk van elektroniese inbetalings gebruik te maak aangesien geen kontant ontvang gaan word nie.

  1. KOSHUIS :  BOERTJIEFEES

Ouers en leerders moet daarop let dat die koshuis vanaf Woensdag 30 Augustus 2017 ontruim moet word met die oog op die Boertjiefees.

 

N VENTER

SKOOLHOOF