23/06/2017 NO . 22
- BAIE DANKIE
Mev Ismarie Helm het 20-liter kanne vir die rugby geskenk.
- KOSHUISMATRONE
Mev Rethe Rautenbach verlaat ons aan die einde van die kwartaal en
verhuis na Middelburg.
- STERKTE
Sterkte aan al die gimnaste wat die naweek aan die Zone-kampioenskappe in Pretoria deelneem.
Sterkte aan die sangers, Lida Pienaar en Enrika Lubbe, wat aan die sangkampioenskappe in Los Angeles gaan deelneem.
- SKOOLGELD
Baie dankie aan al die ouers wat gereeld hulle skoolgeld betaal. Ouers wat agterstallig is, moet reëlings vir die betaling van skoolgeld tref.
- GRAAD 6 – BUITELUGSKOOL : OUERVERGADERING
Wanneer : Maandag 26 Junie 2017
Waar : Personeelkamer
Tyd : 08:00
- LAERSKOOLNETBALAFSLUITING
Wanneer : Dinsdag 27 Junie 2017
Waar : Hoërskool Bultfontein
Tyd : 11:00 – 12:00
Koste : R10-00 betaalbaar by afrigter
- LAERSKOOLTENNISVERGADERING
Wie : 28 Junie 2017
Waar : Mev E Fourie se klas
Tyd : 08:00
- FINANSIëLE BEAMPTE
Mev Nicolene Blaauw is aangestel as die skool se voltydse finansiële beampte. Alle betalings van die skool, sowel as die koshuis, moet vanaf die derde kwartaal by haar gemaak word.
- SKOOL SLUIT
Die skool sluit Vrydag 30 Junie 2017 om 09:00.
- RAPPORTE
Rapporte sal Vrydag 28 Julie 2017 uitgegee word. Ouers wat self hulle kinders se rapporte by die skool moet kom haal, sal gekontak word.
- MATRONEPOS
Sien aangehegte advertensie.
- DASSE
Skooldasse is beskikbaar.
N VENTER
SKOOLHOOF