09/06/2017                                              NO . 20

  1. SPORT

            Rugby  :

Marnus Vorster is ingesluit in die Griffons Plattelandspan wat aan die Akademie - rugbyweek gaan deelneem.

            Netbal  :

Danel van Rooyen en Jaconé Fourie is ingesluit in die Thepa Trading- span wat aan ’n netbaltoernooi  in die Julie-vakansie deelneem. Die 0/12 – netbalspan speel Maandag 12 Junie 2017 finale liga – uitspeelwedstryde in Welkom.

  1. NELDRIFSPORTDAG

            Die 0/12 – netbaldogters eindig 4de.

  1. WISKUNDE - EKSTRAKLASSE

            Wie                              :           Graad 8 en 9

Die ekstraklasse het reeds ’n aanvang geneem en die leerders het ’n volledige rooster ontvang.

  1. AFRIKAANS EKSTRAKLASSE

            Wie                              :           Graad 6 - 8

            Tyd                              :           12:00 – 13:00

Die ekstraklasse het reeds ’n aanvang geneem en die leerders het ’n volledige rooster ontvang.

  1. GRAAD 7 – TOER :  OUERVERGADERING

            Wie                              :           19 Junie 2017

            Waar                           :           Personeelkamer 

            Tyd                              :            08:00

  1. EKSAMENTYE

Die skool het reeds vanaf  5 Junie 2017 om 08:00 begin en verdaag om 12:00.  Ouers moet toesien dat leerders goed voorberei om teleurstelling te voorkom.  Geen leerder mag voor 15:30  in die strate wees nie.

  1. WINTERSKOOL - GRAAD 12

Die graad 12 – leerders het reeds volledige inligting aangaande die winterskool wat vanaf 3 – 7 Julie 2017 deur die personeel aangebied word, ontvang.

  1. KOSHUIS            

Ouers en leerders moet daarop let dat die koshuis vanaf Woensdag 30 Augustus 2017 ontruim moet word met die oog op die Boertjiefees.

 

N VENTER

SKOOLHOOF