11/03/2016 NO .9
1. BAIE DANKIE
Baie dankie aan die volgende mammas wat sakke vir die 0/7-, 0/9 en 0/11 – rugbymanne geborg het :
Mevv Lizelle van Wyk, Helen Labuschagne, Ankia Botha en Louise Greyling.
2. STERKTE
Marianka en Aninka Potgieter se ouma is oorlede. Ons bid vir jul vertroosting.
Mevrou Tanya van Wyk se seuntjie, Liam, is tans in die hospitaal.
3. SPORT
Atletiek :
Sterkte aan Corniel Smith wat aan die SA – byeenkoms in Port Elizabeth deelneem.
Hoërskool :
Die volgende atlete het puik presteer tydens die interhoër byeenkoms in Sasolburg :
Stephan van Jaarsveld – 11 de gewigstoot
Leriche Fouché – 7de diskus en 5de hamergooi
Chané Mienie – 6de hoogspring
Joanie Jacobs – 4de diskus
Chriska Helm – 8ste 200m
Emile Kotzé – 5de spiesgooi
Michiel de Beer – 10de diskus
Nelia van Jaarsveld behaal ‘n 2de plek in diskus en is ingesluit in die Vrystaatspan wat aan die SA – byeenkoms in Bloemfontein gaan deelneem.
Rugby :
Die 0/13 - rugbymanne het die Odensia – aandreeks baie geniet. Dankie aan mnr Cano Hooneberg vir die reëlings.
Bloemhof Sportdag :
Die 0/19 A – netbalspan wen Sannieshof 21 – 19 en speel gelykop teen Vaalharts 9 – 9.
4. SPEL-EN-SPEEL
Die volgende leerders het puik presteer tydens die Spel-en- speel-kompetisie in Bloemfontein wat deur Media 24 aangebied is :
Najeeha Hoosen – 3de Afrikaans EAT
Ame Moalosi – 4de EAT
Tanbir Alam – 5de EAT
Lara Venter – 2de HT
5. 0/7 - TAGRUGBY : HERTZOGVILLE LANDBOUFEES
Wanneer : 12 Maart 2016
Waar : Hertzogville Landboufees
Spelers moet 09:00 aanmeld.Volledige inligting is reeds aan die leerders gegee.
6. WOLSKOOL
Wanneer : 14 – 17 Maart 2016
Wie : Graad 11 - Landbouleerders
Tyd : 08:00
Navrae : Mnr Pieter Burger
7. WEGRAAK VAN GOEDERE
Daar raak daagliks besittings weg. Die Beheerliggaam voel baie sterk oor bogenoemde aangeleentheid. Persone wat hulle self hieraan skuldig maak, moet ’n swaar straf te wagte wees.
8. KLEURBAADJIES/SPORTKLERE
Sou daar enige ou skoolbaadjies, veral vir hoërskoolleerders, en sportklere in onbruik wees, stuur dit asseblief skool toe.
9. HEK BY SKOOL
Die hek by die skoolsaal sal daagliks om 14:00 gesluit word vir veiligheidsredes.
10. 0/13 – RUGBY EN NETBAL –SPORTWENI-TOER
Wanneer : 18 - 22 Maart 2016
Bus vertrek : 04:30 vir 05:00 (Spar)
Busbestuurders : Mnr en mev Kotzé
Volledige inligting is reeds aan die leerders gegee.
11. 0/19 A - NETBALTOER
Wanneer : 18 – 23 Maart 2016
Waar : Mosselbaai Sportskool
Vertrek : Vrydag 18 Maart 2016 om 04:00
Busbestuurder : Mevv E Burger en M van Zyl
Volledige inligting is reeds aan die leerders gegee.
12. KOSHUIS
Vanaf die tweede kwartaal mag slegs koshuisleerders wat van buite Bultfontein is, reeds Sondagaande in die koshuis slaap.
13. GRAAD 10 EN 11 : ID – DOKUMENTE/GEBOORTESERTIFIKATE
Hierdie leerders moet Maandag 14 Maart 2016 ‘n afskrif van bogenoemde dokumente by mev Elize Heymann ingee. Dit is belangrik vir die verifiëring van die korrekte spelwyse van name/vanne en ID-nommers van leerders vir departementele doeleindes.
14. RAPPORTE
Leerders ontvang Vrydag 8 April 2016 rapporte.
15. SKOOL SLUIT
Die skool sluit Vrydag 18 Maart 2016 om 09:00. Leerders kan gewone klere, teen R5-00, aantrek. Fondse ten bate van die matriekraad.
TJ KOTZé