04/03/2016 NO .8
1. BAIE DANKIE
Mev Estelle Pretorius het ‘n bees vir die koshuis geskenk.
Mnre Fanus van Jaarsveld en GB Marx vir die harde werk en herstel van die watertoevoer by die koshuis.
Al die mammas wat betrokke was by die “Mommy’s Monday” by die koshuis – dit was ‘n lekker bederf.
Mnr Piet Vermaak vir jou betrokkenheid by die 7’s rugby-en netbaldag.
2. STERKTE
Mnr J Kotzé sterk tans tuis aan.
Mnr Pieter Burger is tans in die hospitaal.
CW Raymond se vader is tans in die hospitaal.
3. SPORT
Swemoefening tot die einde van die kwartaal :
Beginners :
Dinsdae tot Donderdae vanaf 15:30 – 16:00.
Galagroep :
Dinsdae tot Donderdae vanaf 16:00 – 17:00.
Atletiek :
Laerskool :
Die volgende atlete het aan die interlaer in Bloemfontein deelgeneem:
Lize Botha
Lea Cronjé
Kutlwano Matlakala
Corniel Smith
Pieter-Albert Fourie
Corniel Smith behaal ‘n derde plek in verspring en Pieter-Albert Fourie eindig vierde in die gewigstoot.
Corniel Smith is ingesluit in die Vrystaatspan wat aan die SA – byeenkoms in Port Elizabeth gaan deelneem.
Hoërskool :
Die volgende atlete gaan aan die interhoër in Sasolburg deelneem :
Nelia van Jaarsveld
Stephan van Jaarsveld
Leriche Fouché
Chané Mienie
Joanie Jacobs
Chriska Helm
Johandri van Rensburg
Emile Kotzé
Michiel de Beer
Sizwe Wittes
Span-/Busbestuurders : Mnre C Hooneberg/S Blaauw
Tweekamp :
Die volgende atlete is ingesluit in die Suid - Vrystaattweekampspan wat aan die interprovinsiale byeenkoms in PE gaan deelneem :
Marné Smith
Corniel Smith
MC Grobler
4. HOëRSKOOL 7’S RUGBY- EN NETBALTOERNOOI
Die 7’s was ‘n reuse sukses. Baie dankie aan mnr en mev Burger vir al die reëlings. Die 0/19A – netbalspan wen die toernooi vir die 6de agtereenvolgende jaar. Die 0/19B – netbalspan wen ook hul afdeling van die toernooi.
5. 0/16 - en 0/19 - NETBALAANDREEKS
Die netbalspelers het dit baie geniet. Die 0/19 A – span eindig tweede in die toernooi.
6. ODENSIA RUGBY-OEFENWEDSTRYDE
Die 0/9, 0/11 en 10/13 – rugbymanne het opwarmingswedstryde teen Odensia gespeel. Die 0/11 – span het gelykop gespeel.
7. BLOEMHOF NETBALSPORTDAG
Wanneer : Saterdag 5 Maart 2016
Waar : Hoërskool Bloemhof
Wie : 0/19 A - dogters
Bus vertrek : 07:00
Busbestuurder : Mev Elizna Burger
8. ODENSIA RUGBY-AANDREEEKS
Wanneer : 7 – 10 Maart 2016
Waar : Odensia, Odendaalsrus
Bus vertrek : 14:30
Busbestuurders : Mnre Burger, Blaauw en Venter
9. WOLSKOOL
Wanneer : 14 – 17 Maart 2016
Wie : Graad 11 - Landbouleerders
Tyd : 08:00
Navrae : Mnr Pieter Burger
Baie dankie aan mnr Piet Pelser vir die moeite en reëlings in verband met die opleiding.
10. WEGRAAK VAN GOEDERE
Daar raak daagliks besittings weg. Die Beheerliggaam voel baie sterk oor bogenoemde aangeleentheid. Persone wat hulle self hieraan skuldig maak, moet ’n swaar straf te wagte wees.
11. TANDEMUIS BESOEK HOëRSKOOL BULTFONTEIN
Wie : Graad R – 3
Wanneer : Dinsdag 8 Maart 2016
Waar : HA Macht – stoep
Tyd : 10:30 – 11:15
12. 0/7 RUGBY – HERTZOGVILLE LANDBOUFEES
Wanneer : 12 Maart 2016
Waar : Hertzogville Landboufees
Volledige inligting sal aan leerders gegee word.
13. HEK BY SKOOL
Die hek by die skoolsaal sal daagliks om 14:00 gesluit word weens veiligheidsredes.
TJ KOTZé
SKOOLHOOF