19/02/2016 NO .6
1. BAIE DANKIE
Mev Dorinda Theron het meel vir die koshuis geskenk.
2. SPORT
Swem :
Johlize Vorster, Nialize Cronjé en Lea Cronjé het tydens die Vrystaatgala in Bloemfontein goed presteer.
Interlaerswem :
Wentzel Ketterer het ‘n bronsmedalje in die 50m - borsslag verower.
Swemoefening tot die einde van die kwartaal :
Beginners :
Slegs Dinsdae tot Donderdae vanaf 15:30 – 16:00.
Galagroep :
Elke dag vanaf 16:00 – 17:00.
Maandag en Dinsdag (22 en 23 Februarie) geen swemoefening as gevolg van die tweekamp.
Krieket :
Die 0/19 – krieketmanne wen Blouskool Kroonstad met 6 paaltjies.
Atletiek :
Die atlete het puik presteer tydens die atletiekbyeenkoms in Potchefstroom. Volledige uitslae is by die kantoor beskikbaar. Baie dankie aan mnr Schalk Blaauw wat die atlete vergesel het.
3. HOëRSKOOLVALENTYNSBAL
Die bal was ‘n reuse sukses. Baie dankie mnr GB Marx en sy graad 11 – span vir julle harde werk.
4. KOSHUIS
Baie dankie aan mnr en mev Thiart wat ons na 3 jaar gaan verlaat. Mnr GB Marx neem tans as koshuisvader waar.
Elke inwoner kry sy eie handdoekreling in die kamers. Die koste beloop R50-00 per kind en is betaalbaar by die koshuisvader.
Sou daar enige klein kroegyskaste en/of waaiers in onbruik is, skenk dit asseblief vir die koshuis.
5. LAERSKOOL SASOL-ATLETIEKBYEENKOMS
Wanneer : Saterdag 20 Februarie 2016
Waar : Sasolburg
Tyd : 08:00
Bus vertrek : 05:00
Bus-/Spanbestuurder : Mnr GB Marx
Volledige inligting/programme is reeds aan leerders gegee. Deelnemerskaartjies is Saterdag by mnr Marx beskikbaar.
6. TWEEKAMP
Wanneer : Dinsdag 23 Februarie 2016
Waar : Pelliespark, Bloemfontein
Koste : R80-00 per atleet.
Tyd : 14:00
Bus vertrek : 12:00
Busbestuurder : Mev Beryl de Jager
7. HOëRSKOOL 7’S RUGBY- EN NETBALTOERNOOI
Wanneer : Saterdag 27 Februarie 2016
Waar : Carpe Diem Park
Tyd : 08:00
Wie : Rugby : 0/16 en 0/19
Netbal : 0/15, 0/16 en 0/19 A en B
8. MAKRO- EN WOOLWORTHSKAARTE
Ouers word versoek om asseblief die kaarte te aktiveer sodat die skool kan voordeel trek en ons ook fondse van buite Bultfontein vir die skool kan in.
9. WêRELDKENNISOLIMPIADE
Wie : Graad 8 – 12
Graad 6 – 7
Koste : R10-00
Betaalbaar voor/op 29/02/2016.
Waar : Hoërskool Bultfontein
Navrae : Mev A van Rensburg en mnr N Venter
10. VOERTUIE/ MOTORFIETSE OP SKOOLTERREIN
Geen leerder mag met enige voertuig/motorfiets op die skoolgrond ry nie. Die veiligheid van ons leerders is vir ons baie belangrik en versoek ons vriendelik dog dringend u samewerking.
11. GLYSKAALAANSOEKE
Volledig ingevulde glyskaalaansoeke moetvoor / op Maandag 29 Februarie 2016 by die kantoor ingehandig word. Aansoeke moet jaarliks gedoen word.
12. BEESBOERPROJEK 2016
As gevolg van die ekonomiese toestande, gaan daar geen Mielieboerprojek vir 2016 wees nie. Boere wat belangstel om vir die skool `n kalf groot te maak (die skool verskaf die kalf) voer / versorg tot 1 Desember 2016, moet mnr Paseka Pienaar of die skool kontak. Die kalf word gedoseer en daar is lek beskikbaar vir die genoemde kalf.
TJ KOTZé
SKOOLHOOF19/02/2016 NO .6

SKOOLHOOF