22/01/2016 NO. 2
1. WELKOM
Baie welkom aan mnr Cano Hooneberg wat by ons aangesluit het.
Baie sterkte vir die toekoms en ons vertrou dat jou verbintenis met Hoërskool Bultfontein vreugdevol sal wees.
2. SIMPATIE
Jo-Mari Pelser se pappa, mnr Manie Pelser, is skielik oorlede. Ons bid vir jul vertroosting.
3. FINANSIES
Weens die huidige ekonomiese toestand in die land gaan die beheerliggaam ‘n strenger finansiële beleid toepas. Dit behels die volgende :
Afslag van 5% op skoolgeld is slegs geldig tot 15 Februarie 2016.
Glyskaalaansoeke moet voor 29 Februarie 2016 volledig ingevul by die kantoor ingegee word. Glyskaalaansoeke moet jaarliks ingedien word.
Sou ouers se finansiële posisie deur die loop van die jaar verander, moet hulle dadelik aansoek vir die glyskaal doen.
Ouers moet streng by die reëlings vir uitstaande skoolgeld van 2015 en vroeër hou, om verdere stappe te verhoed.
Om voortgesette kwaliteitonderrig aan ons leerders te verskaf, moet ouers hulle finansiële verpligtinge teenoor die skool nakom.
Die betaling van skoolgeld moet vir u as ouer ‘n prioriteit wees.
4. LAERSKOOL : KLASKAPTEINE
Die volgende leerders is as klaskapteine vir die eerste kwartaal verkies :
Graad 4 :
Martinique le Roux
AC Greyling
Graad 5 :
Lida Pienaar
MJ Vorster
Graad 6 :
Johlize Vorster
Gideon Bresler
HOëRSKOOL : VRL
Die volgende leerders is as lede van die VRL verkies :
Graad 8 :
Sonri Maré
Johan Viviers
Graad 9 :
Joané Pretorius
Dawid Conradie
Graad 10 :
Xia Venter
Martin Nel
Graad 11 :
Marianka Potgieter
Leriche Fouché
5. SPORT
Krieket :
Hoërskool Bultfonein wen St Andrews met 9 paaltjies. Michiel de Beer laat kantel 5 paaltjies en Niël-Hendri de Klerk kolf uitstekend.
Hoërskool Bultfontein wen Touta Gouta met 9 paaltjies. Niël-Hendri de Klerk, Michiel de Beer en Gomolemo Maseola boul uitstekend en Niël- Hendri de Klerk en Emile Kotzé blink uit met die kolf.
6. KLEURGALA
Wanneer : Vrydag 22 Januarie 2016
Waar : Milestone Foods Swembad
Tyd : 16:00
Snoepie is beskikbaar.Daar gaan na afloop van die gala vure, pap en sous beskikbaar wees. Ouers en ondersteuners word uitgenooi om saam met ons te braai (eie vleisie en drinkgoed) en die besige jaar op ‘n hoë noot af te skop.
7. KLEURE-ATLETIEK
Wanneer : Maandag 25 Januarie 2016
Waar : Carpe Diem Park
Tyd : 07:00
Blouspan : Leerders kom voor die koshuis bymekaar.
Groenspan : Leerders kom voor die hoofhek bymekaar.
NB : Die skool begin Dinsdagoggend om 07:30.
8. GRAAD 8 : ORIëNTERINGSGELEENTHEID – SOETDORING
Wanneer : Dinsdag 26 Januarie 2016
Waar : Soetdoring Natuurreservaat
Volledige inligting is reeds aan die leerders gegee.
9. SONE - ATLETIEK
Wanneer : Donderdag 28 Januarie 2016
Waar : MN Breytenbachstadion
Tyd : 08:00
Daar sal geen skool wees Donderdag nie. Die skool begin Vrydag om 07:30.
10. GROENTJIEKONSERT
Wanneer : Donderdag 28 Januarie 2016
Waar : Skoolsaal
Tyd : 18:30
Toegang : R10-00 - volwassenes, R5-00 - leerders
11. KOSHUIS
Koshuispakkette vir 2016 is as volg :
R8 800-00 per leerder per jaar
R2 200-00 per leerder per kwartaal
R880-00 per leerder per maand (10 maande)
R440-00 per leerder per maand – dagskoliere
R440-00 per leerder per maand – 2 nagte per week
R30-00 – ‘n bord kos
R35-00 per leerder per dag – middagete en studie
R50-00 per leerder – slaap een nag en ontbyt
R100-00 per leerder – slaap, middag-,aandete en ontbyt
R1 700-00 per maand – eenmanwoonstel
R170-00 per persoon per nag – slaapgaste
R250-00 per maand – huur van kamers (ouers)
R1 000-00 – huur van saal.
NB : Koshuisgelde is streng vooruitbetaalbaar.
Voornemende huurders moet mev Rika Boje skakel : 051 - 8531294.
KOSHUISOUERVERGADERING :
Wanneer : Maandag 8 Februarie 2016.
Waar : Koshuiseetsaal
Tyd : 09:00
12. BOEKE / HANDBOEKE
Daar is steeds boeke/handboeke wat nie netjies met plastiek oorgetrek is nie. Alle boeke moet Dinsdag 26 Januarie 2016 oorge-
trek wees.
13. ATKV - JEUGTAKPROJEK
Baie dankie aan almal wat skoene vir die projek geskenk het.
14. SPORTSAKKE
Sportsakke sal in volgende week aan leerders uitgedeel.
15. TENNISDAAGWEDSTRYDE
Die tennisdaagtydperk strek van 1 Oktober 2015 tot 31 Mei 2016. Enige daag word slegs met die aanbreek van eerste pouse by die betrokke onderwyser geregistreer.
16. GLYSKAALAANSOEKE
Volledig ingevulde glyskaalaansoeke moetvoor / op Maandag 29 Februarie 2016 by die kantoor ingehandig word. Aansoeke moet jaarliks gedoen word.
17. “SIX - A - SIDE” - KRIEKET
Wanneer : 6 Februarie 2016
Waar : Carpe Diem Park
Wie : Almal baie welkom
Inskrywings : Gratis
Navrae : Mnr Michris Janse van Rensburg of
Mnr Linde Fourie
18. SPORTWENI 2016
Die datums vir die 0/13 rugby-en netbaltoer na Sportweni is as volg :
Vrydag 18 Maart – Woensdag 23 Maart 2016.
‘n Inligtingsvergadering sal op ‘n latere stadium gehou word.
TJ KOTZé
SKOOLHOOF