15/01/2016 NO. 1
1. WELKOM TERUG
Welkom terug aan elke leerder, onderwyser, ouer en ondersteuner na die lekker lang vakansie. Baie welkom aan elke nuwe leerder en ons vertrou jou verbintenis met Hoërskool Bultfontein sal vreugdevol wees. Ons sien uit na die volgepakte jaar met baie uitdagings.
Baie welkom aan mev Sarie Naudé wat weer by ons aangesluit het.
Juffrou Miraldi Naudé het ‘n pos aanvaar by Laerskool Stellaland in Stella. Baie sterkte vir die toekoms.
2. STERKTE
Mev Elizna Burger het ‘n operasie ondergaan.
3. SIMPATIE
Divan, Isca en Leandii Scheepers met die afsterwe van hul moeder. Ons bid vir jul vertroosting.
4. MATRIEKEKSAMEN 2015
Hoërskool Bultfontein spog weereens vir die 15de agtereenvolgende jaar met ‘n 100% - slaagsyfer.
30 kandidate waarvan 19 toelating tot ‘n graadstudie en 11 kandidate tot diplomastudie verwerf.
Illuné Oosthuizen, die toppresteerder, behaal 4 onderskeidings : Engels, Lewensoriëntering, Toerisme en Lewenswetenskappe
Bianca Blaauw - Engels en Wiskundige Geletterdheid
Lena-Mey de Beer - Geografie
Michelle Fourie - Lewensoriëntering en Geografie
Jano Smith - Wiskundige Geletterdheid
GJ van Eeden - Wiskundige Geletterdheid
Marchelle van Zyl - Wiskundige Geletterdheid
5. LAERSKOOLPREFEKTE
Die volgende leerders is as laerskoolprefekte vir 2016 aangewys :
Annemé Janse van Rensburg
Berné Swanepoel
Lara Venter
Pieter-Albert Fourie
Fanie Gouws
Corniel Smith
6. ROYAL SCHOOLS MUSIEKEKSAMEN
Die volgende leerders het puik presteer tydens die eksamen :
Graad 1 :
Ankia van der Merwe – 81%
Charlotte Fourie – 87%
Kobus van der Walt – 66%
Graad 2 :
Mia Pretorius – 78%
7. KLEURE-ATLETIEK
Wanneer : Woensdag 20 Januarie 2016
Waar : Carpe Diem Park
Tyd : 07:00
Die indeling van spanne is as volg :
Laerskool :
Blouspan – Vanne vanaf A – L = 105 leerders
Groenspan – Vanne vanaf M – Z = 108 leerders
Hoërskool :
Blouspan – Vanne A – MA = 54 leerders
Groenspan – Vanne MB – Z = 54 leerders
Blouspan : Leerders kom voor die koshuis bymekaar.
Groenspan : Leerders kom voor die hoofhek bymekaar.
Elke leerder moet Maandag 18 Januarie 2016 ‘n spanembleem teen R5-00 by die onderskeie spanne koop.
8. KLEURGALA
Wanneer : Vrydag 22 Januarie 2016
Waar : Milestone Foods Swembad
Tyd : 16:00
Snoepie is beskikbaar.Daar gaan na afloop van die gala vure, pap en sous beskikbaar wees. Ouers en ondersteuners word uitgenooi om saam met ons te braai (eie vleisie en drinkgoed) en die besige jaar op ‘n hoë noot af te skop.
9. PROGRAM
Volledige program vir die eerste kwartaal is aangeheg.
10. BOEKE / HANDBOEKE
Boeke/handboeke moet netjies met plastiek oorgetrek wees Maandag 18 Januarie 2016.
11. SA TAALBOND TWEETALIGHEIDEKSAMEN
Alle leerders vanaf graad 8 – 12 wat die eksamen wil aflê, moet Maandag 18 Januarie 2016 R60-00 inskrywingsgeld by mnr N Venter betaal.
12. ATKV - JEUGTAKPROJEK
Ouers en leerders word versoek om alle skoolskoene in onbruik Maandag 18 Januarie 2016 skool toe te stuur wat aan behoeftige leerders uitgedeel gaan word.
13. TENNISDAAGWEDSTRYDE
Die tennisdaagtydperk strek van 1 Oktober 2015 tot 31 Mei 2016. Enige daag word slegs met die aanbreek van eerste pouse by die betrokke onderwyser geregistreer.
14. GLYSKAALAANSOEKE
Volledig ingevulde glyskaalaansoeke moetvoor / op Maandag 29 Februarie 2016 by die kantoor ingehandig word. Aansoeke moet jaarliks gedoen word.
15. “SIX - A - SIDE” - KRIEKET
Wanneer : 6 Februarie 2016
Waar : Carpe Diem Park
Wie : Almal baie welkom
Inskrywings : Gratis
Navrae : Mnr Michris Janse van Rensburg of
Mnr Linde Fourie
TJ KOTZé
SKOOLHOOF