21/11/2015 NO. 38
1. GELUK
Mevrou Carine Labuschagne het ‘n fris baba-seuntjie ryker geword.
2. SIMPATIE
Miné en Miana Fourie se tannie, mnr Linde Fourie se suster, is oorlede. Ons bid vir jul vertroosting.
Lenise en Lianie Cloete se oupa is oorlede.
3. SPORT
Krieket :
Die 0/9 – krieketspan wen Sandveld met 10 paaltjies.
Hoërskoolnetbalrokkies :
Leerders moet die netbalrokkies by hul afrigters ingee voor / op 23 November 2015.
Swem :
Sterkte aan die swemmers wat aan die Dave Muller-gala die naweek in Welkom gaan deelneem.
4. EKSAMEN
Leerders moet handboeke ingee die dag wat hulle die betrokke vak skryf. Sou die handboek nie ingegee word nie of verniel is, sal die ouers ‘n rekening ontvang.
5. KAARTMASJIEN
Die skool het ‘n kaartmasjien om betalings te vergemaklik.
6. BEGROTINGSVERGADERING
Wanneer : 25 November 2015
Waar : Hoërskool Bultfontein skoolsaal
Tyd : 17:00
Ouers word vriendelik dog dringend versoek om die baie belangrike vergadering by te woon.Begroting van 2016 lê ter insae by die kantoor.
7. GRAAD 9 – VAKKEUSEVERGADERING
Wanneer : Donderdag 26 November 2015
Waar : Skoolsaal
Wie : Graad 9 – leerders en hul ouers
Tyd : 17:00
8. AFLOS – GALA : KNIGHTS VS KINGS
Wanneer : Donderdag 26 November 2015
Waar : Swembad
Tyd : 18:00
Ouers wat graag aan die vryslagaflos wil deelneem, moet asb vir Hanlie of Beryl kontak. Ons beplan weer ouerspanne wat teen mekaar gaan deelneem. Daar gaan vure en pap en sous voorsien word. Kom ons sluit die jaar in ‘n goeie gees af !
9. SWEMOEFENTYE : DESEMBER 2015
Vanaf Maandag 30 November – Dinsdag 15 Desember 2015 vanaf 09:00 – 10:00 slegs vir die junior- en seniorgalagroep. Geen beginnerswem in die vakansie nie.
10. KERSSANGDIENS
Wanneer : 22 November 2015
Waar : Moedergemeente
Tyd : 09:30
Koorlede moet reeds 08:45 by die saal, in die kleredrag soos gereël, aanmeld.
11. BOERTJIEFEES-UITSENDING
Wanneer : 23 November 2015
Tyd : 20:00
Waar : Fiesta, kanaal 144
12. TENNISDAAGWEDSTRYDE
Die tennisdaagtydperk strek van 1 Oktober 2015 tot 31 Mei 2016. Enige daag word slegs met die aanbreek van eerste pouse by die betrokke onderwyser geregistreer.
13. KOSHUIS ONTRUIM
Inwoners moet asb die koshuis ontruim, nie later as 27 November 2015, vir die merksentrum Desember-maand.
14. GEWONE KLERE : 26 NOVEMBER 2015
Leerders kan Donderdag 26 November 2015 gewone klere, teen R5-00, aantrek. Fondse ten bate van die matriekraad. Die skool verdaag om 11:00.
15. SKOOL SLUIT
Wanneer : Vrydag 9 Desember 2015
Tyd : 09:00
Rapporte by klasonderwysers.
16. ATLETIEKKURSUS
Wanneer : 4 en 5 Desember 2015
Waar : Carpe Diem Park
Tyd : 12:00 (Vrydag)
08:00 (Saterdag)
Koste : R50-00 – Bultfontein - leerders
Kursus word aangebied deur SA – Atlete in samewerking met NWU- Pukke. Ouers moet atlete by die kantoor inskryf voor / op 26 November 2015.
17. SASOL ATLETIEKKURSUS
Wanneer : 9 – 12 Desember 2015
Waar : Sasolburg
Navrae : Mnr P Burger
Volledige inligting volg.
TJ KOTZé
SKOOLHOOF