Die skoolwapen is in 1940 deur mnr. LCJ Pretorius, `n onderwyser van die skool, ontwerp. Mnr Pretorius se destydse verduidelikking en omskrywing van die wapen:
Die letterlike betekenis van die leuse “Carpe Diem” is “Pluk die dag”, of meer in die besonder: “Pluk die geleentheid van die dag”, of “Gryp die geleentheid aan die voorste haarlok!”
Die gevleuelde figuur op die gevleuelde wiel versinnebeeld dan ook die “Geleentheid” wat by ons verbysnel – en dit is die strewe om elke geleentheid – soos dit kom – te gryp en te benut.
Die brandende fakkel simboliseer die “Lig van kennis” wat deur onderrig uitgedra word.